MENLOFONDS
MENLOFONDS
Skenk aan die Menlofonds
Die Menlobond NPC is as ’n Artikel 18A Publieke Voordeelorganisasie (public benefit organisation of PBO) geregistreer. Daar sal vir sekere kontant-donasies wat deur maatskappye en/of individue aan Menlobond en Menlo Foundation geskenk word die nodige Artikel 18A donasiesertifikaat uitgereik word wat aftrekbaar is vir belastingdoeleindes, indien moontlik.

Skandeer hierdie kode (Zapper) vir ‘n japtrap-skenking aan die Menlofonds.
Of klik die knoppie hier onder vir ‘n kredietkaart skenking;

ALGEMENE DONASIES
Met ’n beperkte begroting word die skool se wêreldklasfasiliteite fasiliteite uitstekend onderhou en spog die skool met infrastruktuur en tegnologie van hoogstaande gehalte. U donasie sal ’n blywende impak maak op die voortbestaan van Menlo-trots! Die Menlobond identifiseer spesifieke kapitaalprojekte waarvoor u bydra aangewend word.

LEERDERONDERSTEUNING
Dit is vir baie kinders ’n droom om ’n Menloparker te wees. Ongelukkig bly dit vir heelwat van hulle, veral dié met uitdagende omstandighede, ’n onbereikbare ideaal. U donasie sal help om ’n leerder hierdie geleentheid te bied en so ‘n Menloparker se droom te help realiseer.