Ons sê baie geluk aan oud-Parkie, NICOLA VAN VUUREN (’20), wat verlede week ‘n uitsonderlike toekenning van die St Thomas Aquinas College in New York ontvang het.
Die Terrance Cardinal Cook Award is tydens haar gradeplegtigheid aan haar oorhandig. Hierdie gesogde toekenning word elke jaar aan een student gemaak wat in leierskap en gemeenskapsdiens uitblink. Ons is trots dat een van ons eie Menlo-meisies hierdie toekenning kon ontvang!
Nicola het haar graad in Sportwetenskap en Sielkunde behaal en beoog om verder in hierdie rigting te studeer.
Baie geluk Nicola! Menlo is trots op jou.
