WELKOM TERUG AAN DIE KLAS VAN 2015
“Na tien jaar voel als so vreemd maar so bekend”…
Dit was fantasties om ons 2015-matrieks in Februarie by die amfi-opening, vir hulle tienjaarreünie, te kon verwelkom.
2015 se hoofmeisie, Alicia Swanepoel, het ‘n boodskap met die Parkies gedeel waarin sy hulle aangemoedig het om hulself die geleentheid te gun om die lewe geduldig te laat ontvou want mens het nie altyd al die antwoorde en oplossings nie.
Die blitsblou tartanbaan, nuut opgeknapte swembad en self die Menlo-amfi is alles nuwe toevoegings tot die skool sedert hulle Menlo-dae en was vir almal ‘n lekkerte om te beleef!
Baie dankie vir julle besoek!