Vrydag, 14 Maart was dit die skool se voorreg om die Klas van 2005 weer terug by Menlo te kon verwelkom!
Destydse hoofseun, Schabort Froneman, het namens die groep die skool tydens amfi-opening toegespreek. Hy het gedeeltes van sy destydse afskeidsboodskap met die skool gedeel en ‘n inspirerende boodskap oor die belangrikheid van respek met die Parkies gedeel.
Tydens hierdie groep se Gr. 11 jaar is die skool se waardes, integriteit, lojaliteit, respek en ywer, neergepen en is nogsteeds vandag die fondament waarop Menlo voortbou.
Na die opening het ons oud-Parkies kans gehad om met personeel te kuier en is op ‘n informele toer deur die skoolgronde geneem.
Daar was Saterdag groot fees in die Menlo-klubhuis gevier en dit was heerlik om weer ou skoolvriende te kon sien!