TUKS CAMERATA HET ‘N TIKKIE BLOU IN…
Die volgende ses oud-Parkies is lede van die bekroonde Universiteit van Pretoria (Tuks) Camerata koor wat in Maart in die VSA getoer het en was by die American Choral Directors Association konferensie in Dallas, Texas.
Hulle is Etienne Cronje (’19), Ennés Zietsman (’23), Kristen Victor (’21), Mia Loubser (’22), Nicole Andrews (’22) en Courtney Andrews (’22).
Hulle was almal deel van die Menlo-koor en dit is voorwaar ‘n groot eer om vir die Tuks Camerata gekies te word. Baie geluk julle!
