Oud-Parkie, Atterbury Trust-alumnus en meganiese ingenieur Altus Bisschoff (2014) het ’n visie en ’n droom gehad: om ’n unieke sêr-kompetisie te skep wat mense en stemme bymekaarbring. Só het die Atterbury Acapella-kompetisie ontstaan. Hierdie kompetisie het gegroei tot ’n jaarlikse instelling met belangstelling van regoor die land.
En vanjaar is daar ’n ekstra groot rede vir Parkie-trots: oud-Parkies is deel van die verskillende deelnemende groepe!
Dannhauser van der Merwe (2023), Wihan Vermeulen (2025) en Rudolph Jordaan (2024) verteenwoordig US, terwyl Tivann Bezuidenhout (2024), Ewald Meyer (2024), Andru Keun (2025), Alexander Pakendorf (2025), Andries Beyers (2025), David Kunzman (2025), Jessie Pretorius (2025), Anje van Papendorp (2024) en Janus de Villiers (2025) deel is van UP se groepe. Lamari Wagener (2023) verteenwoordig die NWU met trots.
Sterkte aan Altus, sy mede oud-Parkies en al die deelnemers!




