2 Augustus 2026 – Die Matriekgroep van 1986 het die afgelope naweek weer by Menlopark kom kuier en behoorlik herinneringe gemaak!
Vrydag het die groep die skool besoek, waar hul voormalige hoofseun, Justus Stals, die skool namens die groep toegespreek het.
Die reünienaweek het gesorg vir baie aksie met gholf, padel en rugby, en oud-Parkies het van elke uithoek van die planeet gereis om deel te wees van hierdie besondere geleentheid.
Dit was ook spesiaal om drie oud-onderwysers weer daar te hê: Me. Thea Jacobs, Me. Lauren Schulze-Hulbe en Me. Elizabeth Grebe.






