Baie geluk aan die oud-Menloparkers, Jacques Oberholzer (’23), Philippus de Bruyn (’24) en Chrisjan Brits (’24), wat ingesluit is in die 2025 FNB Varsity Young Guns Squad.
Menlo-rugby is ook verder betrokke by die span.
Mnr. Dirk Odendaal word ingespan as agterlynafrigter en mnr. Andries Ferreira as voorspelerafrigter. Ons wens hulle almal sterkte toe vir die seisoen wat wag.