Wat kry mens as jy 230 oud-Parkies, fantastiese musiek en ‘n smullekker feesmaal bymekaarsit? ‘n GROOT fees!
Die afgelope Vrydag was weer ‘n spesiale opening in die amfiteater! Dit was ‘n voorreg om van die 1973, 1983, 1993, 2003 en 2013-matrieks by die skool te verwelkom om saam met die leerders die skool weer opnuut te beleef.
Oud-Parkie en Wiskunde-onderwyseres, ESTER CLOETE (’83), het die opening waargeneem waarna 1973 onderhoofseun, HENNING PIETERSE en hoofmeisie, SONJA BOSCH, ‘n pragtige boodskap namens al vyf groepe aan die Parkies oorgedra het.
Dit was die aanvang van ‘n hele naweek se vieringe. Ons groepe het na die amfi-opening heerlike verversings en ‘n koffie geniet waarna hulle op ‘n kort skooltoer deur die adjunkhoof en oud-Parkie, Nico Erasmus en bemarkingshoof, Hannaliza Fechter geneem is.
Die Saterdagaand se groot reüniefees het met ‘n verwelkomingdrankie in die amfiteater afgeskop. Daarna het ons oud-Parkies die hele Saterdagaand tot in die vroeë oggendure gesels, gesmul en gelag! Dit was heerlik om ons oud-Parkies se reünies saam met hulle te kon geniet.
- 1983
- 1993
- 1973
- 2003
- 2013
- Ester Cloete open
- Henning Pieterse en Sonja Bosch