WHEN THE ROOTS ARE DEEP...
“WHEN THE ROOTS ARE DEEP…
there is no need to fear the wind.”
Menige persone het reeds ‘n besondere rol in die pragtige geskiedenis van Die Hoërskool Menlopark gespeel. Een so ‘n persoon is Mnr. FANUS BOOYSEN, derde permanente hoof van ons skool.
Na ‘n heerlike koppie koffie by Mnr. Schalk Reynders, het twee medewerkers van Die Eggo, Ilme Taljaard en Altus Malan, ‘n onderhoud met Mnr. Booysen gevoer en hom uitgevra oor sy jare hier by Menlo – vanaf 1966 as onderwyser en later as hoof tussen 1981-1983.
Mnr. Booysen het die splinternuwe Menlo-amfiteater asook die grondwerke van die blitsblou Menlo-tartanbaan besoek. Dit was ‘n treffende oomblik vir Mnr. Booysen om die omgedolwe, beroemde Menlopark grasbaan te sien. Mnr. Booysen het ‘n integrale rol in Menlo se atletiek geskiedenis in die 70’ en 80’s gespeel. Hy is trots op die vordering en uitbreiding van die kampus en het die netheid, vriendelikhied en gemanierdheid van die Parkies gekomplimenteer.
Dit was ‘n voorreg om hom hier te kon ontvang. Eenmaal ‘n Parkie, altyd ‘n Parkie!
.
.
.
#menlo_menlo #oudmenloparkers #myplekismenlo #menloviraltyd #menlobond #oudparkies #menlo60