Gisteraand was die skool se jaarlikse Wêreldkennisaand. Dis ‘n geleentheid waar die Parkies in spanne teen mekaar kan deelneem en ‘n heerlike kontantprys vir hulle klas wen! Elke span moes ‘n gelukbringer ook saambring en die aand was gekenmerk deur uitbundige vreugde! Dit was verstommend om die leerders se entoesiasme te beleef!
Daar was ook 3 oud-Parkiespanne wat vir die pret deelgeneem het.
Hulle was CARA WEYERS (’15), GISELA ROLFES (’91), NERINE AHLERS (’75), ESTER CLOETE (’83), JANHARM VAN HELSDINGEN, LANA COETZEE (’11), MARTHIE VAN DER MERWE (’14), WILMIEN ENGELBRECHT (’22), CORNE SNYMAN (’22), CARLO JANSEN VAN VUUREN (’22) en ANDRE ROUX (’22).
Baie dankie vir julle ondersteuning. #menloviraltyd




