Vir die meeste matrikulante is die keuse op ‘n beroep een van die grootstes wat hulle ooit sal maak. Daar is baie inligting oor beroepe beskikbaar aan ons jongmense. Die internet, tersiêre instansies, selfs die skool bied aan leerders baie breedvoerige inligting. Tog is een van die heel beste en mees effektiewe maniere om insig in verskillende beroepe te bekom, fisiese besoeke aan verskillende werksplekke om eerstehands die omgewing en gevoel van beroepe in die praktyk te kan ervaar. Die term werksadu of te wel ‘job shadowing’, is ‘n uitstekende manier om eerstehands te ervaar wat ‘n beroep inhou.
Ons het gevind dat dit baie moeilik vir leerders en selfs studente is om in kontak te maak met die regte persoon by ‘n firma. Nie almal het toegang tot of ken iemand wat hulle sal toelaat om te ‘job shadow’ by hulle firmas nie. Die Menlobond het hierdie gaping gesien en wil ‘n program op die been bring waar ‘n netwerk van oud-Parkies en Vriende van Menlo aan senior Menlo-leerders die geleentheid gee om verskillende beroepe in die praktyk te ondersoek en te beleef. Sodoende ploeg ons terug in ’n Menlo-generasie wat beroepskeuses met selfvertroue kan maak.
Hou die spasie dop vir verdere verwikkelinge.