2004 REDES OM TROTS TE WEES
Die 2004-matrieks het verlede Vrydag, 10 Mei, die skool besoek vir hulle 20-jaar reünie! Hulle het die afgelope naweek hulle groot funkise en ‘n heerlike samekoms gehad en dit was omtrent ‘n besige affêre!
Na die opening het ’04 se hoofseun, DIRK VAN DER MERWE, die lagspiere geprikkel waarna klasmaat JO-ANI SWIEGELAAR, die skool toegespreek het.
Die groep het toe ‘n kans gehad om so bietjie met hulle onderwysers op te vang is toe op ‘n kort toer deur Mnr. Nico Erasmus deur die skool geneem.
Altyd ‘n voorreg om ons oud-Parkies te ontvang!