Dis met groot hartseer dat ons julle moet meedeel van die afsterwe van een van Menlo se groot geeste, Me. METTE KROMHOUT. Me. Kromhout is gister, op die ouderdom van 85, oorlede.
Sy het in 1987 by Menlo, as Afrikaanse departementshoof, aangesluit waar haar bydrae tot die taal vir altyd onthou sal word.
Sy is in 1990 tot adjunkhoof van kultuur bevorder waarna sy in 1995 tot senior adjunkhoof bevorder is – ‘n posisie wat sy tot haar aftrede in 1999 beklee het.
Sy was baie geliefd en gerespekteerd deur haar kollegas en elke Parkie. Haar bekende groen boekie is vandag nog in aanvraag!
Haar stylvolheid was treffend en haar sterk karakter het talle Parkies geïnspireer! Ons dink met liefde aan haar familie in hierdie hartseer tyd.
_________________________________________
Foto’s: Die Eggo 1990, Die Eggo 1999