Ons het verlede Woensdag ‘n besonderse besoek van ons 1975-matriekklas se reünie-reëlingskomitee ontvang.
Hoofmeise van daardie jaar, ERA SWANEPOEL (SENEKAL), haar man, STEPHAN SWANEPOEL asook klasmaat ADELE DE KLERK (VAN BILJON) het kom inloer en was baie ingenome met die leerders en die skool. Ons sien uit daarna om hulle volgende jaar vir hulle 50ste reünie te verwelkom.
Hulle het deur die Eggo’s geblaai en daar was lekker gelag oor al die skoolstories. Altyd spesiaal om ons oud-Parkies op die terrein te verwelkom.