Dit was ‘n voorreg gewees om gister 60 jaar van Die Hoërskool Menlopark te kon vier. Die warm middag het spesiaal afgeskop met honderde oud-Parkies, geklee in hulle Menlo-kleurbaadjies, dasse en selfs 1977-atletiekhempie, op die pawiljoen!
Trotse oomblik inderdaad.
Oud-Parkie en Akademiese adjukhoof, NICO ERASMUS het die geleentheid geopen waarna MNR. SCHALK REYNDERS die Parkies, oud-Parkies en elke Vriend van Menlo hartlik verwelkom het.
Ons voormalige skoolhoof Dr. Carel van der Merwe en sy gade, Sheila, was onder die eregaste.
Ds. Fay van Eeden se boodskap was baie kosbaar en met haar ‘amen’ na die gebed, bars die hemele toe oop! Alhoewel die res van die beplande program in die slag gebly het, was die reën werklik ‘n seën van Bo op hierdie unieke en besondere jaar in Menlo se geskiedenis.
Baie dankie aan elkeen se teenwoordigheid. Dankie ook aan die Menlo-bestuur, -personeel en elke Parkie wat ons oud-Parkies met ope arms verwelkom.
Menlo vir altyd!
Kyk gerus die diens hier: