14 Januarie 2026 – die nuwe skooljaar begin en die Menlobond wens elke Parkie ‘n voorspoedige nuwe skooljaar toe!
Dit was ‘n besondere voorreg om ons hoofleiers van 2025, Isabeau van Helsdingen, Jesse Pretorius, Ininke Human en Ryan Hill te kon verwelkom wat die pragtige spekboomtradisie laat voortleef het. Elkeen van hulle het die spekboomsteggies, wat hulle verlede jaar ontvang het, kom oorplant vir die volgende generasie Parkies.
Saam bewaar ons die verlede, koester ons die hede en verseker ons die toekoms. Sterkte met julle studies hierdie jaar!




