Op 24 Oktober neem ons Menlo-onderwysers aan die Aquelle Jacaranda City Marathon Challenge deel om geld in te samel vir die Menlo-Omgeefonds, wat Parkies in nood ondersteun. Hulle gee die energie op die pad — kom ons staan bankvas agter hulle! Die Menlobond fasiliteer hierdie projek met trots.
HOE JY KAN HELP:
• Elke R100 help: Enige bydrae, groot of klein, maak ‘n groot verskil.
• Artikel 18A-kwitansie: Beskikbaar vir skenkings van R2 500+.
• Verwysing: Gebruik RUN_Voorletter_Van (bv. RUN J Smit).
Klik hier om ‘n donasie te maak: https://pay.yoco.com/menlobond-npc
NAVRAE:
• 18A-kwitansies: menlofonds@menlobond.co.za
• Algemeen: Anastasia Conradie (anastasia.conradie@menlopark.co.za)
Klink hier vir meer inligting: https://drive.google.com/…/1l5Tyo9F1L94pgISoIcoCZt…/view
Versprei asseblief die nuus onder julle klasmaats, familie, kollega’s en vriende. Kom ons wys vir die Menlo-onnies en skool die krag van die oud-Parkie-gemeenskap!

