AFRIKAANS IS 100 JAAR OUD!
Op 8 Mei hierdie jaar vier ons die 100ste bestaansjaar van ons moedertaal, Afrikaans.
KykNet se nuwe dokumentêre reeks “Die stories van Afrikaans”, vier en verken al die aspekte van Afrikaans in agt boeiende episodes wat komende Sondag om 20:00 ‘n aanvang neem.
Wat hierdie reeks nog meer spesiaal maak is dat een van ons oud-Parkies, asook bekroonde digter en skrywer, DANIE MARAIS (’89), deel van die produksiespan van hierdie unieke reeks is.
Danie het ‘n besonderse boodskap aan almal! https://drive.google.com/file/d/1-0QN3J8ehmX1F2t-aWV0ktWh_7t_HjGI/view?usp=sharing
Gaan kyk gerus na die lokprent (trailer) van “Die stories van Afrikaans” by die volgende skakel: https://drive.google.com/file/d/1aTNmo2tlGXHOcDpweyW9C86M_j2f0Cjj/view
Trots Afrikaans!
#trotsafrikaans #menlobond #menloviraltyd
.
.
.
Kunswerk: KykNet