Ons is ongelooflik trots op oud-Parkie, Aiden Smith (’22), wat ‘n uitstekende vierde plek in die mansgewigstootfinaal by die Statebondspele behaal het.
Met ‘n beste afstand van 20,31 m het die Afrika-kampioen hom uitstekend van sy taak gekwyt teen ‘n wêreldklas veld. Sy vertoning bevestig opnuut sy plek onder Afrika se voorste gewigstoters en getuig van deursettingsvermoë, toewyding en internasionale gehalte. Baie geluk, Aiden! Ons is ongelooflik trots op jou.



