DIE VOLGENDE 5 JAAR
Die Menlobond het verlede week, 10 September, ‘n heerlike donateursontbyt by die Atterbury teater aangebied.
Ons gassprekers was bekroonde sakeman, filantroop en oud-Parkie, Laurie Dippenaar, sakeman, entrepreneur en oud-Parkie, Louis van der Watt, stigter en uitvoerende direkteur van We Buy Cars, Faan van der Walt en veteraan joernalis en skrywer, Max du Preez. Die paneelbespreking, wat gehandel het oor Die Volgende 5 Jaar in Suid-Afrika, is deur welbekende ekonoom en oud-Parkie, Theo Vorster gelei.
Ons gaste het vroegoggend ‘n smullekker ontbyt genuttig wat ‘n ideale netwerkgeleentheid was voor die paneelbespreking ‘n aanvang geneem het.
Die oggend is gekenmerk deur positiewe boodskappe en woorde van hoop vir die land veral met die klem op ons jong entrepreneurs en sakepersone wat aan die begin van hulle loopbane staan.
Ons sien baie uit daarna om volgende jaar weer so te maak en ons donateurs vir hulle ondersteuning te bedank.
___________________________________________________
Sou u of u onderneming belangstel daarin om tot die Menlofonds by te dra, volg gerus hierdie skakel.
https://drive.google.com/file/d/1eFdO5L1mNa_kKjN8OMQgKcR3YwiQRjpW/view?usp=sharing