EGGO-ARTIKEL OOR OUD-PARKIE RUGBYHELD
Ons kon op skool nie wag vir Die Eggo-kwartaalkoerantjie nie! NIKS het nog verander nie en elke Parkie lees met oorgawe van als wat die kwartaal gebeur het. Hierdie koerantjie word nogsteeds deur die leerders self beplan en geskryf en bly ‘n prag-publikasie!
In die tweede uitgawe van hierdie feesjaar, verskyn daar ‘n pragtige artikel van oud-Parkie en Sprinbokrugbyheld, RUDOLPH STRAEULI (’81) wat deur Leandri Botha geskryf is. Mooi so Parkies!