Die Menlobond het die afgelope twee weke die geleentheid aan ons oud-Parkies op ons sosiale media platforms, Facebook en Instagram, gegee om ‘n alumni-trui te wen! Daar was ‘n geweldige positiewe reaksie gewees.
Die trekking is gister deur die hoof, Mnr. Schalk Reynders, gedoen en die gelukkige wenners was:
- DANE HEYNEKE (’20) – Facebook wenner
- CARA TERBLANCHE (’00) – Instagram wenner.
Hulle ontvang elkeen ‘n alumni-trui met die jaar wat hulle in matriek was op die mou geborduur. Baie geluk aan elkeen!
Besoek gerus ons Menlobond aanlynwinkel op ons webblad as jy ook ‘n trui wil bestel.
#noudieblou #menloviraltyd