Die Hoërskool Menlopark vier die amptelike inwyding van die skool se tartan-atletiekbaan met puik atletiek, groot gees en ‘n pragtige inwydings-oomblik! Wat ‘n ongelooflike voorreg!
Die 2004 Olimpiese fakkel is deur mnr. Gert Potgieter aan die skool geskenk en as volg aan die volgende oud-Parkies en hoofde oorhandig:
• Dr. Eon Gerber (’74), seun van Mnr. F.A.Gerber – Hoof 1973-1980
• Mnr. Dieter Böhmer – Adjunkhoof 1985-1988
• Dr. Carel van der Merwe – Hoof 1984-2012
• Mnr. Schalk Reynders – Hoof 2013-2023
• Mnr. Nico Erasmus – Waarnemende hoof 2024
• Viljee Smit en Keira de Jager – Hoofleiers van 2024
Die lint by die wenpaal is deur Alicia Khunou en Werner Bezuidenhout vasgehou.
Van ons ander uitgenooide gaste was rekordhouer Claudie Roets (van Straaten) (’71), atletiekkaptein, Sarel Lizamore (’74), Henning Gericke (’78), Stoffel van Beek (’84), Ilze Wicksell (’77), Rikenette Steenkamp (’10), Rivaldo Roberts (’14), Marlie Viljoen (’18) en Charné Swart (’20).
Baie dankie ook aan elke oud-Parkie en Vriend wat hierdie groot oomblik kom meemaak het.
Ons is so dankbaar!
.
.
.
.
#menlobond #oudparkies #menlotartan #menlo_atletiek_landloop #trotsmenlo #mypleismenlo