Dit was so lekker om na twee jaar weer reünie te kon hou! Alhoewel ons hierdie jaar nog geen funksies by die skool kon hou nie het ons oud-Menloparkers ‘n plan gemaak!
Die Klas van 2010 het 30 Oktober by Blue Crane Restaurant in Brooklyn gekuier. Feestelike verwelkomingsdrankies, Menlo-kolwyntjies en ‘n gesellige bosveldvuur het vir ‘n suksesvolle aand gesorg.
Baie geluk aan al die koördineerders wat hierdie funksie aangebied het.
Oud-Parkie, Nico Goosen is gesamentlike eienaar van Blue Crane Restaurant. Dankie Nico vir jou pragtige plek! So ondersteun ons mekaar. @bluecranerestaurantandbar