Daar is tydens die 6-skole atletiekbyeenkoms, Dinsdag, 14 Oktober 2025, ‘n stukkie geskiedenis herdenk met die onthulling van die atletiek-erfenismuur.
Interhuis-grasbaanrekords, wat vanaf 1963 tydens interhuis opgestel is, is op die destydse skietmuur aangebring. ‘n Strook gras van die 100 m-wegspringpunt en die wenpaal van die destydse grasbaan is voor die muur geplant. Daar is ook ‘n stukkie tartan langs die gras ingesit om die toekoms van atletiek by die skool te vier.
Mnr. Fanus Booysen , personeellid sedert 1966 en skoolhoof van 1981 tot 1983 het saam met Mnr. Hartman die atletiek-erfenismuur onthul. Die funksie is ook deur sestien van ons oud-Parkie rekordhouers bygewoon.
• Henning Gericke
• Mariska van Driel
• Colene Scheepers
• Lize Strydom (Hofmeyr)
• Francis Strydom
• Ruan Oosthuizen
• Michael Schoeman
• Chloe Pienaar
• Megan Nieman
• Danie Bothma
• Rikenette Steenkamp
• Johan Janse van Vuuren
• Hestia Bekker
• Paul Meyer
• Stean Pienaar
• Kobus Moolman en
• Jurie Moolman.
Dankie aan almal wat deur die jare bygedra het tot die Menlo-geskiedenis!









