Dit is altyd lekker om oud-Parkies by die skool te verwelkom. Baie dankie aan oud-Parkies, Louis van der Watt (’85) en André de Ruyter (’85) wat ons atlete kom inspireer het.
Mnr. de Ruyter se woorde was eenvoudig: “Streef in alles die hoogste na. EXCELSA PETAMUS. Doen jou heel beste wanneer jy tydens interhoër op die baan gaan. Jy maak ‘n verskil.”
Hy het ook die skool se argief-kopie van die 1985-EGGO jaarblad geteken.
Dit was ‘n voorreg om julle by die skool te vontvang! Baie dankie!