‘n Gimnasium met die fokus op beweging vir alle sportsoorte is ‘n sentrum van strewe. Daar word vandag harder gewerk as gister om more beter te wees as vandag. Ons is dankbaar oor hierdie splinternuwe fasiliteit wat ‘n wêreld van fiksheid, kondisionering en spanwerk inlei.
Die Menlobond het die voorreg gehad om van ons oud-Parkie sportmanne- en dames vir die opening te kon nooi. #menloviraltyd
Hierdie wêreldklas gimnasium is in dieselfde gebou, wat in 1982 die eerste gimnasium en muurbalbane gehuisves het, ingerig. Dit is destyds met stene gebou wat die ouers self geskenk het en staan nou nog trots op die Menlo-gronde. In die 70’s het die manne yster gepomp in ‘n klein kamertjie aan die punt onder die pawiljoen.
Welgedaan Menlo!