ONS WENS ONS MATRIEKS STERKTE TOE
Elke Gr. 8 (St. 6) onthou sy matrieks… Dis ‘n mylpaal waarna elke jong Parkie streef.
Die 2023 matrieks, is vandag deur hulle 2019 hoofleiers, ALBERT VAN DER MERWE en IZETTE HOFMEYR geluk gewens met die nuwe fase wat nou vir hulle voorlê. Woorde van motivering en bemoediging is voorgehou vir die eindeksamen wat oor n week begin.
Menlobondvoorsitter en oud-Parkie, KONRAD FLEISCHHAUER (’86), het ook namens die oud-Parkies hierdie groep matrieks gemotiveer om altyd hul bes te doen en te gee.
Dit was vir die Menlobond ook weer ‘n reuse voorreg om aan elke Menlo-matriek ‘n leer sleutelhouer te kon skenk. “Mag die Menlo-sleutel vir jou, as oud-Parkie, nog baie deure oopsluit. Sterkte met die eksamen!”
Doen net julle beste!
Daarna is elke matriek deur die Mnr. Schalk Reynders, graadvoogde Mnr. Corné van Wyk, Me. Hannas Smit, hul klasvoogde asook Albert en Izette persoonlik gegroet waarna hulle vir oulaas die skoollied en Thio saam met die skool gesing het.
Ons wens julle voorspoed toe. EXCELSA PETAMUS.