VAKANSIE TOERE
VAKANSIENUUS: Die skool het in die Julie-vakansie verskeie toere gehad.
Baie geluk aan almal en ons gee so bietjie terugvoer.
MENLO-KOOR: Die Menlo-koor is aangewys as kategoriewenners en beste gemengde jeugkoor by die Internasionale Koorkompetisie in Wernigerode. Hulle stap ook weg met ‘n spesiale toekenning vir “Air and Fire”!
MENLO-KRIEKET: Menlo se krieketmanne sluit ‘n baie suksesvolle toer in Engeland af. Daar is puik krieket gespeel, grense en grenshoue verskuif en baie unieke belewenisse gedeel!
ENGLISH HOME LANGUAGE: Menlo se English Home Language leerders het in William Shakespeare se spore geloop en Engeland getoer. Wat ‘n voorreg en belewenis! Menlo maak deure oop!