25 Mei 2026 – Die 2016-reüniegroep het Vrydag hul 10-jaar byeenkoms afgeskop met die amfi-opening saam met die skool, ’n heerlike ontbyt en ’n draai deur die gange vol herinneringe.
Hoofseun van daardie jaar, Roelof Jordaan, het die opening behartig en ’n besondere boodskap oor Parkie-nalatenskap met die skool gedeel.
Saterdagaand was die groot funksie in die Menlo-Klubhuis — beslis nog ’n aand vol stories, lag en vriendskappe wat ná al die jare steeds soos gister voel.








