’n Besoek vol erfenis en trots!
Op 14 April het ons die voorreg gehad om die 1966-reüniegroep by Menlo te verwelkom — ’n groep wie se nalatenskap steeds vandag duidelik sigbaar is.
Wat uitstaan van hierdie groep, sowel as dié net voor en ná hulle, is die besondere sterk groepsgevoel wat tussen hulle bestaan het. Saam met hul ouers het hulle ’n direkte rol gespeel in die ontstaanjare van die skool en gehelp om die fondasie te lê waarop ons vandag nog trots staan. Baie van hul ouers, waarvan heelwat op die eerste beheerraad gedien het, was aktief by die ontwerp van die skooldrag, skoolwapen en leuse, asook sport- en kultuurbepalings betrokke — boustene wat Menlopark gevorm het tot die skool wat ons vandag ken.
’n Hoogtepunt van die oggend was die besonderse boodskap van die hoofdogter, Anne-marie Alberts (de Jager), wat ’n blywende impak op die hele skool gemaak het. Haar woorde het die Parkies geïnspireer om die wêreld met durf en selfvertroue aan te pak — en om altyd in hulself te glo.
Ons eer hierdie groep as ware pioniers — bouers van ’n erfenis wat vandag nog voortleef.




