Die Menlobond het Vrydag, 21 April, die Klas van 1976 vir hul 50-jaarreünie met trots verwelkom. ’n Besonder groot groep oud-Parkies het die amfi-opening bygewoon, saam met drie geliefde oud-onderwysers: Mnr. Fanus Booysen, Mnr. George Hughes en Mnr. Izak Loots.
Hoofseun, Kobus Pieterse en hoofdogter, Marianne Duvenage, het inspirerende boodskappe van dankbaarheid en toewyding gedeel.
Die groep het ook ’n Rooi-ivoorboom en gedenkpenning aan die skool geskenk—’n simboliese nalatenskap van verbondenheid.
Baie dankie vir julle blywende bydrae tot Menlo.





