24 April 2026 – Vir die tweede jaar, het die Elite Menlo Kunsuitstalling weer sy plek gevind by die Gallerij te Pierneefskraal — ’n besonderse voorreg vir ons Parkies om hul werk uit te stal in die ikoniese ateljee van die legendariese Suid-Afrikaanse kunstenaar J.H. Pierneef.
’n Opregte dankie aan oud-Parkie Chris de Beer en sy vrou Annette, eienaars van Pierneefskraal, wat hierdie unieke geleentheid moontlik gemaak het.
Dit was wonderlik om soveel oud-Parkies by die openingsaand te sien wat kom deel het in die viering van ons talentvolle jong kunstenaars se werk. Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning!
Mieke de Beer (’20), Katje Kruger (’20), Me Mariana de Klerk, Marone Peens (’24), Kayden Loedolff (‘ 25), Josua van Helsdingen (’19), Armand Stoltz (‘24 ), Keanu de Klerk (’24), Zianté da Serra (’23) het almal by ons aangesluit vir hierdie ongelooflike geleentheid.
Dit was inderdaad ‘n meesterstuk-aand!






