Vandag, 29 Januarie, vier die skool sy 63ste bestaansjaar. Die skool het op passende wyse hierdie dag gevier en die Parkieraadvoorsitter, Liam de Koning, het ‘n pragtige terugblik op die skool se geskiedenis gegee.
Wat die oomblik nog meer kosbaar gemaak het, was dat Liam een van die eerste matriekdasse uit die vroeë 1970’s, vir die geleentheid kon dra. Hierdie kosbare stukkie Menlo-geskiedenis is verlede jaar aan die Menlobond geskenk en word in die Menlobond-argief bewaar. ‘n Kosbare oomblik, inderdaad!
Dankbaar vir die bewaring van die verlede, die koestering van die hede en die versekering van die toekoms!


