Dit was ‘n groot voorreg om oud-Parkie, PROF. JANNIE ROSSOUW (Klas van ’73) en sy vrou, Sunelle, as gasspreker by gisteraand se spoggerige Top 10-Akademiese funksie te kon verwelkom.
Prof. Rossouw het sy meestersgraad in Ekonomie aan UP behaal en was vir baie jare verbonde aan die SA Reserwebank. Hy is tans gasprofessor by Wits Business School en is ‘n deskundige op die gebied van inflasie en finansiële volhoubaarheid.
Hy het ‘n kragtige boodskap aan Menlo se toppresteerders gelewer en het ‘n blywende indruk op ons Parkies gelaat. Hy het 10 lesse vir hulle voorgehou wat vir altyd by hulle sal bly.
• Behou fokus ten spyte van onsekerheid
• Onthou om dankie te sê
• Ons neem besluite sonder perfekte inligting oor die toekoms
• Ons kies nie die hand kaarte wat ons kry nie, maar ons moet dit so goed as moontlik speel
• Inflasie is niemand se vriend nie
• Aanpasbaarheid is ‘n vereisde vir loopbaansukses en lewensgeluk
• Vryheid van spraak en mediavryheid moet beskerm word
• Maak goeie en oordeelkundige keuses
• Hartseer is deel van die lewe
• Die lewe is kort, geniet elke dag daarvan.
Baie dankie Jannie! Jou bydrae tot gisteraand se sukses was tasbaar! Ons waardeer dit.