Meeste van ons het miskien nog ons wit matriekhemp in ‘n boks iewers veilig weggebêre…
Hierdie spesiale Menlo-tradisie leef vandag nog trots voort en merk ‘n belangrike mylpaal in enige Menlo-matriek se lewe.
Vandag is die laaste amptelike ‘skooldag’ vir ons matrieks. Volgende week bied die skool ‘n unieke akademiese slypskool aan ter voorbereiding van die eindeksamen wat om die draai lê.
Sterkte matrieks! Ons hou duimvas en kan nie wag om julle, Klas van 2023, as oud-Parkies te verwelkom nie!
Hierdie tradisie is pragtig vasgevang deur oud-Parkie, Johan Buitendag, op sy 8mm in 1974. Hierdie film is in die Menlobond-argief opgeteken en word vir ons toekomstige Parkies bewaar. Dankie vir hierdie kosbare herinnering! Klik op die knoppie hieronder om die film te kyk.