22 JANUARIE 2026
Vanoggend was oud-Parkie en 2025-hoofdirigente, Josh van der Merwe en Jana Fouché, by die skool om hierdie jaar se dirigente geluk te wens.
Die spanning het hoog geloop en die dirries van 2026 is aangekondig. Baie geluk aan hoofdirries, Juan Joubert en Nina Davel! Juan sal hierdie jaar ook die voorreg hê om die indrukwekkende ‘Tiho’ te lei.
Dankie vir julle teenwoordigheid Josh en Jana en dat julle hierdie pragtige Menlo-tradisie voortsit!








