MENLO GROET ‘N LEGENDE
Na ‘n loopbaan van meer as 30 jaar, neem die skool van oud-Parkie en senioradjunkhoof, Mnr. NICO ERASMUS, afskeid.
Mnr. Erasmus was in 1979 self hier by Menlo in matriek. Hy word in 1995 by die skool as departmentshoof en atletiekorganiseerder aangestel en het diep spore in die skool se atletiek getrap. Hy het Geskiedenis aangebied en sy passie vir sy vak het elke jaar in die matriekuitslae gewys. In 2009 word hy as adjunkhoof aangestel en tree hierdie jaar as senioradjunkhoof van die skool af.
Die Menlobond verwelkom vir Mnr. Erasmus en bedank hom vir die groot impak wat hy op die skool laat.
‘n Pragtige artikel is in die nuutste uitgawe die Insig geplaas en die skool het op gepasde manier in die amfi afskeid van Mnr. Erasmus geneem.