16 Augustus 2023.
Dit was ‘n spesiale oggend by Die Hoërskool Menlopark.
Die splinternuwe amfiteater is amptelik ingewy en was die perfekte agtergrond vir die inhuldiging van die 2024-matriekraad.
Ons was bevoorreg om dertien van ons voormalige hoofleiers hier as eregaste te kon verwelkom en ‘n hoogtepunt was toe Menlopark se eerste matriekleiers van 1965, CHRIS DERKSEN en GARDIOL BERGENTHUIN (DE VILLIERS), ons nuwe matriekraad geluk gewens het waarna hulle ook die hoofseun en -dogter van 2024, Viljee Smit en Keira de Jager, se balkies aan hulle oorhandig.
2020 se hoofleiers, WIAN GROOTHOF en CARA JORDAAN was ook teenwoordig en het elke matriekraadslid se balkie aan hulle oorhandig. Voorwaar ‘n trotse oomblik. Baie dankie dat julle deel was van hierdie oomblik.
Daar was nie minder as sewe oud-Parkies wat deel was van die amfi-projekspan nie. Hulle is LIZELLE LARSON, SIDNÉ LANGE, IMILLE KEYSER, ANTON HEYNS, FRANCOIS ELLIS, ELMERI TALJAARD en JOHAN HANEKOM. Puik werk!
#menloviraltyd
- Eerste hoofmeisie, Gardiol en 2024 hoofmeisie, Keira
- Wian Groothof ('20), Chris Derksen ('65), Gardiol Bergenthuin (De Villiers) ('65) en Cara Jordaan ('20)
- Ulrich Lombard ('14)
- Menlo se hartjieboom is verewig
- Daniela du Preez (Henrico), Gardiol Bergenthuin (De Villiers), Willem Gouws, Christiaan Daniels, Chris Derksen
- Delyse Burger (Kinsley), Amanda Talma
- Anne-Marie Alberts (De Jager)
- Christiaan Daniels en Wian Groothof
- Santa Maritz, Christiaan Daniels, Suné Stander, Wian Groothof, Cara Jordaan en Elsie Jordaann























