Oud-Parkie ANDELL LOUBSER (’15) maak al sedert skooldae indruk op die rugbyveld. Hy het in sy matriekjaar SA Skolespan rugby gespeel waarna hy vir die Bulle vanaf 2016-2019 uitgedraf het. Hy het toe in 2019 sy Europese debut gemaak en was deel van Southern Kings wat in die Super Rugby toernooi deelgeneem het. Na ‘n paar jaar het hy weer in alle erns begin speel en woon tans in Bloemfontein waar hy vir die afgelope paar jaar vir die Cheetahs uitdraf.