ONS HET (NOGSTEEDS) DIE GEES!
In Januarie skop die gees in alle erns af toe 2025 se hoofdirries tydens opening aangewys is.
Baie dankie aan verlede jaar se oud-Parkie hoofdirigente, JP de Beer en Corlia Nel, wat die leisels aan Josh van der Merwe en Jana Fouché, oorhandig het. JP en Corlia begin hierdie jaar albei studeer en ons wens hulle alle sterkte met hul studies toe.