29 Januarie
Geluk MENLO, met 62 wonderlike jare van akademie, sport, kultuur, GEES, vriendskap en vreugde! Mag die toekoms blink op Menlo-bodem bly stap!
Vandag, 60 jaar gelede, 2 jaar na die skool geopen is, het Menlo sy heel eerste matrieks verwelkom en ons pragtige skoollied, geskryf deur mnr. J. J. Botha en getoonset is deur dr. O. A. van der Stoep, vir die eerste maal gesing is. Spesiale mylpale in die geskiedenis van Die Hoëskool Menlopark.
Onderhoofdogter van 1991, Gisela Rolfes (Vogel) het, namens die oud-Parkies, ‘n boodskap met die skool gedeel, waar elke Parkie herinner is daaraan dat dit elkeen se voorreg is om te help bou aan die toekoms van hierdie wonderlike skool net soos elke Oud-Parkie die verlede help vorm het.
Geluk Menlo! Ons sal jou altyd onthou!