Gister het die skool hulle eerste Menlo-Interskole fietsrywedren tussen Die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Garsfontein by Grootfontein aangebied.
Ses laerskole het ook aan voorwedren deelgeneem. Daar was meer as 200 ryers!
Twee van ons oud-Parkie fIetsryers, LENKA LABUSCHAGNE (’20) en LANE VAN WYK (’22) het in Menlobondkleure as ‘sweepers’ agterna gery en die agterhoede gedek. Baie dankie julle vir julle deelname!
Menlobond fietsrytruie is by die Menlobondkantoor beskikbaar.