Wat ‘n voorreg vir die graad 9-leerders om die skrywer van die eskrewe leesboek, Die Rietrotte van Rietvallei Hoër, te hê om self die boek te bespreek, die karakters te beskryf en selfs te vertel waar die blou deur is. Dankie aan oud-Parkie skrywer, NERINE AHLERS (’75) wat nog meer kleur aan die Rietrotte kom gee het! Dit was nou ‘n belewenis! Dankie aan die Menlo-personeel vir die ekstra myl! Nerine is tans die Franse aflosonderwyser by die skool.