Dit was ‘n baie groot voorreg om vanoggend oud-Parkie, MARISKA MEYER (VAN DRIEL) (‘06) by die skool te kon verwelkom waar sy die Parkie-atlete, wat verlede week aan die S.A. Junior Atletiekbyeenkoms deelgeneem het, kon gelukwens.

Mariska het in 2003 die S.A. rekord in die o/16 dogtershekkies opgestel met ‘n tyd van 12.64 sekondes. Vanoggend het sy ook Parkie-atleet, Megan Nieman geluk gewens. Megan het verlede week Mariksa se rekord verbeter na 12.44 sekondes! Baie geluk Megan en dankie Mariksa.
Ons is baie trots dat hierdie rekord in ons Parkie-midde bly. By hulle op die foto is hulle beide se afrigter, Mnr. Hanno Roux. Baie dankie ook aan Menlo-atletiek se twee atletiekhoofde, Mnr. J. Smith en Me. Lelanie van Wyk. #menlobond#menloviraltyd#menlo_atletiek_landloop#menlo_menlo#oudparkies