Oud-Parkie, Dean Foxcroft (’16), se krieketloopbaan het reeds vroeg al hoogtes bereik toe hy in 2016 vir Suid-Afrika in die o/19 Krieket Wêreldbeker gespeel het. Na skool het hy Nieu-Seeland toe verhuis en speel vandag eersteklas krieket vir die Otago Volts.
Hy speel tans vir die Nieu-Seeland A-span op toer teen Bangladesh waar hy gister met die openingswedstryd ‘n yslike 72 gemoker het met nie minder as vier 6’e en ses 4’e nie!
Welgedaan Dean! Ons is trots…