Baie van ons oud-Parkie atlete presteer fantasties by die onlangse Senior ASA kampioenskappe wat in Potchefstroom van 24-26 April gehou is en die volgende oud-Parkies het medaljes verower:
• Charné du Plessis (Swart) (’20) wen ‘n silver medalje in die 800m (1:59.39). Hierdie tyd kwalifiseer vir die wêreldkampioenskappe in Tokyo!
Wat hierdie prestasie nog meer spesiaal maak, is die feit dat haar afrigter en oud-Parkie atleet, Ilze Wicksell (’77), in 1983, op 23-jarige ouderdom, 1:59.39 gehardloop het wat haar die vinnigste vrou in Suid-Afrikaanse geskiedenis vir baie jare gemaak het asook die eerste vrou uit Afrika wat onder 2 minute in die 800m kon hardloop. Voor die Senior ASA kampioenskappe hierdie jaar, was Ilze die 4de vinnigste S.A. vrou oor 800m. 42 jaar later steek Charné, haar atleet, ook 23, verby met ‘n tyd van 1:58.98 en is nou die nuwe 4de vinnigste Suid-Afrikaanse vrou ooit! Geskiedenis herhaal—en herskryf!
Charné het ook ‘n silwer medalje in die 1500m behaal met ‘n tyd van 4.12.30min
• Alicia Khunou (’24) verower ‘n silwer medalje in die vroue diskus met ‘n afstand van 55.06m – ‘n splinternuwe o/20 ASA rekord!
• Aiden Smith (’22) verower ‘n goue medalje in die mans diskus met ‘n afstand van 20.31m.
Baie geluk almal!
- Aiden Smith
- Alicia Khunou
- Charné du Plessis



