Oud-Menloparkers sal ROLENE STREUTKER (’18) as ʼn raakvatter onder die doelpaal met ʼn oog soos ʼn skerpskutter onthou. Die Melbourne Mavericks het hierdie uitsonderlike talent raakgesien en Rolene vir die Superliga opgeraap. Dié professionele liga kan met krieket se IPL vergelyk word en vind in Australië plaas. Dit is voorwaar ʼn reuseprestasie om vir diens in een van die superligaspanne opgeroep te word en Menlo is trots op hierdie puik uitvoerproduk en Menlo-netbal-ambassadeur.
