Hartlik geluk aan oud-Parkie, DANIELLE DU TOIT (’17) wat in Februarie die 12de NTT Data Pro-Am Ladies toernooi op Fancourt in n play off met -10 gewen het! Dis besonders en ons is so trots op jou!
Danielle speel al van ses af gholf en is nog baie betrokke by Menlo se gholfakademie wat hierdie jaar meer as 80 spelers het.
Sy vind haar krag in haar familie, vriende en geloof en maak tyd vir haar stoperdjies, fietsry en speel graag kitaar. Haar herinneringe aan haar skooldae is vir haar ‘n inspirasie en ons is saam met haar trots Menlo!